Liewe Coreli
Nadat jy ‘n voorbeeld van die HerbaHeat gegee het en vertel het hoe dit jou gehelp het om vinnig van ‘n hooikoorsaanval te herstel, het ek dit dadelik onthou toe ek ‘n migraine aanval gekry het. ‘n Bietjie skepties, en uit radeloosheid, het ek die pakkie oopgeskeur en oor die hele area waar dit gepyn het, aangesmeer. Nadat ek dit die tweede keer aangesmeer het, het die pyn sodanig bedaar dat ek aan die slaap geraak het. Ek het weer wakker geword van pyn, die laaste bietjie in die pakkie aangesmeer, en geen pyn daarna weer ervaar nie. Dit was in die aand en ek het geen ander medikasie of pynpille byderhand gehad nie. Die HerbaHeat het sowaar met die migraine klaargespeel. Ek kon dit nie glo nie, maar is baie bly ek het HerbaHeat ontdek.
Mariana Eksteen