Elza Eksteen – Vision 20/20

Hi Huipie,

Soos jy gevra het, skryf ek gou vir jou ‘n briefie oor my ondervinding met Vision 20/20.

Ek het nou die dag in die kantoor vir die mense vertel van die nuwe pille wat HerbaZone nou op die mark het wat help vir nagblindheid en droe oe.  Hulle wou toe dadelik weet of dit regtig werk, want dit is mos nou ook nie goedkoop nie.

Wel, ek het geantwoord dat ek dit begin gebruik het, maar dat ek nog nie weer laat in die aand bestuur het nie, so ek sal eers definitief weet wanneer ek van my volgende VLV vergadering afkom.

Net die volgende aand moes ek na my kleinkinders kyk in Goodwood.  Ek is omtrent 00h30 eers daar weg in gietende reen op pad na Blouberg.  By Milnerton, toe die pad begin donker raak, besef ek meteens dat ek GEEN probleem het om te sien nie!!  En dit reen!!  Ek het my oe ‘n paar keer geknip en weer gekyk en gedink my verbeelding is deksels goed en toe onthou ek skielik van die Vision 20/20 wat ek toe alreeds vir 3 weke gebruik…..

Die volgende aand is ek weer na werk na Bayside om kruideniers te gaan kry en groot was my verbasing toe ek weereens besef dat ek nie meer ‘n probleem het om in sterk skemer te onderskei of om in die donker te sien nie.

Nou weet ek dit was nie net my verbeelding nie.  Ek is so opgewonde, ek wil vir almal vertel.

IETS HET REGTIG GEWERK!!! 

Groete
Elza Eksteen