More Huipie,
Dit gaan sommer baie goed met my! En met jou?
Ek is sommer vroeg aan die woord vanoggend met my eie “testimonial”. Dit is nou amper ‘n maand wat ek self Herbazone gebruik oa. Stress-control, Herbafemme, Cranberry en Centella. Nie net het ek meer energie nie, voel ek ook nie meer of ek permanente “pms” het nie!
Maar die cherry op die koek vir my is, dat die voorkoms van my spatare soveel verbeter het! Ek praat nie van “Spider-veins” nie maar die lelike dik blou are in my kuite en linkerbobeen. Hulle is defnitief nie meer so opgehewe nie en voel ook sagter. Dit lyk ook of van die kleiner are baie ligter is! Ek al twee verwyderings operasies gehad (laaaank terug), obviously, het die are maar maar weer verskyn. Ek het ook al twee ander produkte gebruik net om die simptome te verlig maar het geen noemenswaardige verbetering in die voorkoms gesien nie.
As ek enige idiee gehad het dat “Centella” so effektief so wees, het ek beslis “before-pics” geneem! Ek dra nooit rokke nie en is altyd die enigste een op die strand met n paar jeans aan, wie weet, die somer dra ek dalk ‘n kortbroek!!
Baie groete en ek stuur vanaand n bestelling.
Alex Potgieter,